Die Groot TrekVerlos van Britse Heerskappy: Eksodus van die Boere uit die Kaapkolonie, 1836

Qualifies for free delivery

R355.00

add to wishlist
add to wishlist
Weight 0.900 kg
Dimensions 23.4 × 1.56 × 2.9 cm
Format

Pages

Size

ISBN9781928211273 Barcode9781928211273
Overview
In die vroeë beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes ‘n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking – meestal heftig – het Binckes verstom.

In die vroeë beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes ‘n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking – meestal heftig – het Binckes verstom. So te sê elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van “wit geskiedenis” benader nie, maar hoofsaaklik uit dié van “Afrikanergeskiedenis”. Dit is nog altyd gesien as ‘n “Afrikanergebeurtenis”, maar dit was allermins.

Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek – Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer – en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van ‘n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroeë verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek. Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes ‘n breë benadering gevolg het wat die impak van die vroeëre wit invalle en migrasies – Portugees, Hollands, Frans en Brits – op suidelike Afrika bestudeer.

Só kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van oggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is ‘n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner ‘n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees – maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van ‘n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte én tekortkominge.

Robin Binckes & Adri Kotzé

Robin Binckes is in April 1941 in Oos-Griekwaland, Suid-Afrika, gebore. Ná matriek in Umtata in die Transkei is hy na Saldanhabaai om sy diensplig in die Suid-Afrikaanse Vlootgimnasium te verrig. In 1970 het Binckes sy eie reklamemaatskappy begin om groot sportgeleenthede soos internasionale krieket en die Formule Een Grand Prix in die tydperk van sport-isolasie te bevorder. In 1990 het hy The Gansbaai Fishing Company begin en tien jaar lank in die voedselbedryf gewerk. In die geweld wat in 1993 in Suid-Afrika losgebars het, het Binckes aangebied om as vredesmonitor in die townships te werk. Aangevuur deur die passie van die ontslape geskiedkundige en toerisme-pionier David Rattray het hy in 2002 as geskiedkundige toergids gekwalifiseer. Binckes, wat die maatskappy ‘Spear of the Nation’ besit, werk as toergids in die omgewing van Johannesburg en Pretoria. Sy eerste boek, Canvas under the Sky, is in 2011 gepubliseer. Dié blitsverkoper-roman oor die Groot Trek is in 2011 gepubliseer. Die vuurwarm debat daaroor woed voort.

Adri Kotzé is in die koue Hoëveldse winter van 1969 op Belfast, in vandag se Mpumalanga, gebore. Nadat sy daar gematrikuleer het, het sy in die regte aan die Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) gestudeer. Op 21 het sy by die destydse Transvaler as joernalis begin werk. Kotzé was van 1994 tot 1998 onder andere misdaadverslaggewer en parlementêre verslaggewer by die Afrikaanse dagblad Beeld. In 1998 was sy een van die eerste joernaliste wat by die SAUK se ondersoekende program, Special Assignment, aangestel is. Sedertdien was sy spesialisskrywer vir die Sondagkoerant Rapport (2003–2005), hoof van navorsing vir etv se ondersoekende program 3rd Degree en insetselvervaardiger by M-Net se Carte Blanche (2006–2009). In 2009 het sy ‘n Safta gewen vir beste nuus- en aktualiteitsprogram en in 2007 was sy die gesamenlike wenner in die gesondheidskategorie van CNN Multichoice se Afrika-joernalis van die jaartoekenning. Kotzé woon nou in Londen, waar sy as vryskutjoernalis, -vertaler en skrywer werk.

Additional information

Weight 0.900 kg
Dimensions 23.4 × 1.56 × 2.9 cm
Format

Pages

Size

Publisher30 Degrees South Publishers Publication Date01/10/2014

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Groot Trek”

YOU MIGHT ALSO ENJOY

Best Sellers