Skadus in die Sand’n Koevoet spoorsnyer se verhaal van ’n insurgensie oorlog

Qualifies for free delivery

R255.00

add to wishlist
add to wishlist
Weight 0.500 kg
Dimensions 23.4 × 15.3 × 1.6 cm
Format

Pages

Size

ISBN9780620474801 Barcode9780620474801
Overview
Hierdie is die storie van ‘n Kavango spoorsnyer wat ses jaar deel van Koevoet was, die elite Suid Afrikaanse Polisie teen-terrorisme eenheid, gedurende die Suidwes Afrika-Angola bosoorlog van die 1980’s.

Waar stof ‘n aanduiding van tyd kon gee … vir die eerste maal, ‘n lid van Koevoet se verhaal van die bosoorlog

Hierdie is die storie van ‘n Kavango spoorsnyer wat ses jaar deel van Koevoet was , die elite Suid Afrikaanse Polisie teen-terrorisme eenheid, gedurende die Suidwes Afrika-Angola bosoorlog van die 1980’s.

Die meerderheid van die wit polisie lede het nie meer as twee jaar gehou nie; die swart lede het egter vir jare op hierdie spore geloop. Sisingi Kamongo vertel die verhaal van sowat 50 gewapende kontakte waarin hy betrokke was; hy het vyf teen-personeel en POMZ landmyne oorleef, asook ‘n RPG vuurpyl aanval op sy Casspir panser voertuig; hy is drie maal gewond; hy vertel hoe die spoorsnyers konstant gekyk het vir skadu’s in die grond, vir verskuilde hinderlae en landmyne; hy vertel van die kuns van spoorsny….waar stof ‘n aanduiding van tyd kon gee.

Kamongo se verhaal word ondersteun deur twee van Koevoet se bekendste spanleiers, Herman Grobler en Francois du Toit— ‘n kragtige versameling van wedervaringe uit Suid Afrika se mees suksesvolle teen-insurgensie eenheid.

Sisingi Kamongo & Leon Bezuidenhout

Leon Bezuidenhout is gebore in 1966. Hy word groot in Pretoria, matrikuleer by die Hoërskool Pretoria Wes en studeer by die Universiteit van Pretoria. Hy doen sy nasionale diensplig in die Suid Afrikaanse Polisie, waarna hy doseer by die Universiteit van Suid Afrika.

Sisingi Kamongo is gebore in 1965 in die landelike gebied van Ndonga Muramba in Kavangoland in noord Namibië (voorheen Suidwes Afrika). Middae na skool en naweke moes hy sy oupa se beeste oppas- waar hy ook die kuns van spoorsny geleer het. Na skool sluit hy aan by die polisie en word hy vir ses jaar by Koevoet by Rundu geplaas. Hy word ‘n ekspert spoorsnyer en panserkar bevelvoerder. In 1990 kom hy na Suid Afrika. Nadat hy die polisie finaal verlaat, werk hy in die sekuriteits bedryf as spoorsnyer, totdat hy die gebruik van sy bene verloor-die nalatenskap van ‘n stuk onverwyderde skrapnel in sy rug- ‘n oorblyfsel van een van sy POMZ myn insidente.

Additional information

Weight 0.500 kg
Dimensions 23.4 × 15.3 × 1.6 cm
Format

Pages

Size

Publisher30 Degrees South Publishers Publication Date01/07/2011

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Skadus in die Sand”

YOU MIGHT ALSO ENJOY

Best Sellers